ANC-jeugliga soek aandag – Stad Tshwane

Die burgemeester van Tshwane, Randall Williams, veroordeel die onwettige en oppervlakkige aandagtrekkery deur die Groter Tshwane ANC-jeugliga, wat probeer het om die stad se munisipale kantore te sluit. Werknemers van die stad se munisipale kantore in Soshanguve, insluitende twee depots, is met geweld uit hul werksplek verwyder en verhinder om met hulle werk voort te gaan. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die groep se gedrag is onaanvaarbaar: