LPM-leier kap uraan-ontginning in Kalahari-kom

Die leier van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi het kritiek uitgespreek oor ‘n Russiese maatskappy en twaalf filiale wat vir uraan boor oor ‘n uitgestrekte gebied van die Stampriet-akwafer in die Kalahari-kom. Aktiviste en sommige politici waarsku die proses kan ʼn lek in die akwafer veroorsaak. Swartbooi sê die proses sal die grondwater in die Kalahari-kom beïnvloed.