SA verkiesingshoof sê konsep-kieswet sal implikasies hê

Die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in die buurland, Sy Mamabolo, sê die Wysigingswetsontwerp op die Kieswet sal implikasies hê vir die logistiek en integriteit van die verkiesing in 2024. Die wetsontwerp, wat tans voor die parlement dien, het ten doel om te verseker onafhanklike kandidate staan in die nasionale en provinsiale verkiesing. Die parlement is uitstel gegun om die wetsontwerp teen einde vanjaar af te handel. Volgens Mamabolo sal die verkiesing in 2024 waarskynlik ‘n waterskeiding wees.