Aantygings van verkragting van tennisspelers op WTA-toer

Die voormalige nommer een van Belarus, Victoria Azarenko, sê die seksuele misbruik van jong vroulike spelers deur ouer, manlike afrigters vind sommer “hot en haar” op die WTA-toer plaas. Azarenko, wat lid is van die spelersraad van agt lede, het tydens die Amerikaanse Ope gesê dit moet ‘n prioriteit wees om daarteen te waak. Haar opmerkings volg nadat Pierre Bouteyre, die voormalige afrigter van die Franse speler, Fiona Ferro, in Frankryk daarvan aangekla is dat hy Ferro as tiener tussen 2012 en 2015 verkrag en seksueel aangerand het.