Mans steeds die meerderheid in SA se kandidate

Die Verkiesingskommissie in Suid-Afrika sê die voorbereidings vir die nasionale en provinsiale verkiesings toon beduidende vordering. Daar is 14 889 kandidate wat sertifikate ontvang het en ding mee om 887 setels. Sewentig politieke partye en 11 onafhanklike kandidate is nagegaan en die deelnemers bevestig. Geslagsgelykheid toon vordering, met talle partye wat meer as 50-persent vrouekandidate het. Die hoofkiesbeampte, Sy Mamabolo, sê kandidaat-demografie toon ‘n meerderheid mans, met die meeste in die ouderdomsgroep tussen 40- en 49-jaar.