Lot van Chinese honde-eienaar op Oshakati in Imalwa se hande

Plaaslike media berig dat die lot van die Chinese sakevrou Huang Lingyan, wie se honde Sondag ‘n man by Oshakati doodgebyt het, is in die hande van aanklaer-generaal Martha Imalwa. Imalwa wag vir die polisie om sy ondersoek af te handel voor sy kan besluit hoe om die kwessie te hanteer, indien ooit. Die vyf honde het die 44-jarige Ruben Abraham, doodgebyt. Maandag het hulle die 25-jarige Simon Jafet aangeval en hy moes mediese behandeling ontvang. Die aanvalle het by Panama Tiles and Paint Wholesale, wat deur die 42-jarige Huang besit word, plaasgevind. Die Namibiese polisie het intussen ‘n saak van strafbare manslag teen Huang oopgemaak. Die honde is van kant gemaak.