Los munisipale tariewe uit, asb Tito

Die buurland se burgerlike samelewingsorganisasie, Dear SA, het ‘n beroep op die regering gedoen om verhogings in munisipale tariewe en belasting te bevries. Die organisasie het in ‘n brief aan die Minister van Finansies, Tito Mboweni, gesê daar word geraam dat die inperkings weens die Covid-19-pandemie die land sowat een miljoen permanente werkgeleenthede kon gekos het. Rob Hutchinson van Dear SA sê verhogings moet gestop word totdat indiensneming en ekonomiese bedrywighede tot die vlakke van voor die inperkings herstel het: