Haweloses bly eers in Khomasdal

Haweloses in die hoofstad sal steeds by die Khomasdal-stadion gehuisves word omdat daar nog geen ooreenkoms is oor waarheen die groep mense moet gaan nie. Inwoners van die gebied sê die groep beskadig hulle eiendom. Volgens die Adjunk Burgemeester van die hoofstad Clemencia Hanases moet daar met die regering geraadpleeg word in die verband. Inwoners van Uitbreiding 3 in Khomasdal het aan nuusagentskappe gesê diefstal het toegeneem sedert die groep by die stadion gevestig is met die eerste inperking. Goewerneur Laura McLeod Katjirua is ook aan genader meen hulle. Hanases sê die regering het die haweloses ingevolge Covid-maatreëls vroeg verlede jaar by die stadion gevestig en die regering moet Stad Windhoek bystaan met ‘n finale oplossing.