Jagluiperdboeties wat in aanhouding gebore is, sorg vir hulleself

Twee jagluiperd-broers wat in aanhouding gebore en van Parc Safari in Kanada na die Imire-reservaat in Zimbabwe verskuif en vrygelaat is, het hul eerste ontmoeting met ‘n olifant in die bos gehad. Die Aspinall-stigting het hulle na dié Afrika-land gebring. Die koördineerder van die projek, Dereck Milburn, sê Kumbe en Jabari is besig om hulle voete te vind in die veld. Twee jagluiperds wat in aanhouding gebore is, is onlangs ook met welslae in die Oos-Kaap vrygelaat. Milburn sê hulle is in die wolke oor die hervestigings-program: