Bank Windhoek verskaf kredietverleningsyfers aan private sektor vir September

Die Bank van NamibiĆ« het kredietverleningsyfers aan die private sektor vir September vrygestel. Krediet wat aan die private sektor verleen is, het in September 2021 met 2,7 persent op ‘n jaargrondslag toegeneem, vergeleke met 2,0 persent op ‘n jaargrondslag in Augustus 2021. Huishoudelike krediet het met 3,7 persent op ‘n jaargrondslag gestyg en korporatiewe krediet het in September 2021 met 1,8 persent op ‘n jaargrondslag gegroei. Theo Klein, ekonoom van Simonis Storm in Windhoek gee konteks aan die syfers.