Lonekommissie sluit openbare verhoor in Noordooste af

Die Lonekommissie wat alle relevante bedrywe ondersoek om ‘n voorgestelde nasionale minimum loon by die Namibiese arbeidsministerie aan te beveel, het sy openbare verhore op Katima Mulilo in die Zambezi-streek en Rundu in die Kavango-Oos-streek afgesluit. Die voorsitter, Marius Kudumo, is tevrede met die teenwoordigheid by die verhore bygewoon is en die insette wat hulle ontvang het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.