Nakathila berei goed voor

Namibië se Wêreldboks-organisasie se super veergewigkampioen, Jeremiah ‘Lowkey’ Nakathila, het die kans van ‘n leeftyd gekry om vir die gesogte WBO-titel teen die Amerikaanse kampioen te veg. Nakathila sal op 12 Junie in Las Vegas in Nevada saam met die 22-jarige Shakur Stevenson in die kryt klim. Dit sal die hoofgeveg van die aand wees met Stevenson se wenrekord wat op 15-0 staan. Bokspromotor Nestor ‘Sunshine’ Tobias het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is hard besig om te oefen en sal op 1 Junie na Amerika vertrek.