Twee vas na diefstal van 49 bees

Twee mans wat by die Okuapa-nederstting in die Okamatapati-gebied in die Otjozondjupa-streek in hegtenis geneem is vir die beweerde diefstal van 49 beeste, is borgtog in die Okakarara-landdroshof geweier. Die 49-jarige Uakotora Muhipa en 38-jarige Tjaripara Tjihara het voor landdros Abel Sankwasa verskyn. Staatsaanklaer Adjah Nepembe het heftig beswaar aangeteken dat die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word, aangesien Muhipa reeds op borgtog  uit is weens ‘n hangende veediefstalsaak van November 2019 teen hom. Die gesteelde beeste ter waarde van 450 000 Namibiese dollar is teruggevind en aan die eienaar terugbesorg. Die landbouminister Calle Schlettwein het onlangs sy kommer oor toenemende veediefstal en stropery op plase in die land uitgespreek.