Angus Buchan lei biddag ná verwoestende brande

Die bekende prediker Angus Buchan lei môre ‘n biddag in die Noord-Kaap ná die onlangse verwoestende brande in die omgewing. Die geleentheid vind om twaalfuur die middag by Voorspoed naby Douglas plaas. Buchan sê hy is baie bekommerd nadat brande honderde duisende hektaar weiding sowel as geboue en diere vernietig het. Hy het almal uitgenooi om aan te sluit by wat hy Die As-biddag noem.