Vier veranderings vir Haaie se kragmeting teen Ulster

Die Haaie se afrigter, Sean Everitt, het vier veranderings aan sy span aangebring vir Saterdag se Verenigde Rugby Kampioenskaps-wedstryd teen Ulster in Durban. Die Springbokke Ox Nché, Bongi Mbonambi, Siya Kolisi en Makazole Mamimpi is terug in die opdrafspan, terwyl die gashere ook op internasionale spelers soos Eben Etzebeth, die kaptein, Thomas du Toit, en Jaden Hendrikse kan staatmaak. Die Noord-Iere is tans tweede op die punteleer en die Haaie vierde. Ulster het die Leeus verlede naweek geklop in die eerste wedstryd van hul Suid-Afrikaanse toer.