Liz of Rishi – ons hoor vandag

Óf Liz Truss óf Rishi Sunak sal vandag ná ‘n uitmergelende veldtog van ses weke aangekondig word as Brittanje se nuwe eerste minister. Alhoewel Sunak die meeste ondersteuning onder Tory-parlementslede het, was Truss die voorloper onder gewone partylede. Eerste minister Boris Johnson is in Julie gedwing om uit te tree nadat ministers in opstand gekom het oor ‘n reeks skandale. Johnson en die nuwe leier van die Konserwatiewe Party sal môre na Balmoral gaan om die koningin te ontmoet vir die amptelike oorhandiging.