Grondhervorming word nou op streeksvlak toegepas

Die Namibiese ministerie van landbou en grondhervorming is op die oomblik besig met die aanstelling van die grondhervestigings-komiteelede op streeksvlak. Die aangestelde komiteelede moet ‘n reeks induksie-programme ondergaan voordat hulle aktief met hul mandate begin. Die Otjozondjupa-streeksgoewerneur, James Uerikua, het die proses verduidelik en wat van die komitee verwag word.