LIV-toernooie tel nie vir wêreldranglyspunte vanjaar nie

Die amptelike organisasie wat die wêreld-gholfranglys opstel het bevestig LIV-gholftoernooie sal nie vanjaar wêreldranglyspunte verdien nie. Dit ten spyte van die Saoedi-ondersteunde reeks se nuwe vennootskap met die Midde-Ooste- en Afrika-toer, in ‘n poging om deel van die wêreldranglys te wees. Die organisasie sê hy het te min kennis gekry om ‘n hersiening uit te voer voor die LIV se uitnodigingstoernooie in Bangkok en Jeddah. Die wêreld se nommer 134, Phil Mickelson, sê hulle is gelukkig om LIV-gholf se volle ondersteuning te hê in hulle pogings om punte op die wêreldranglys te kry: