Kwytskelding vir die besit van dagga in die VSA

Amerikaanse President Joe Biden sê Amerikaners met federale kriminele rekords in verband met die besit van dagga, sal kwytskeldings kry. In die VSA, verhoed die tipe kriminele rekord mense toegang tot banklenings en meer. 

Hy het ook ‘n beroep op goewerneurs gedoen om dit in hul deelstate toe te pas. Hy het meer inligting verskaf oor wat die plan is.