Lesufi se verkiesing dien as VF+ se nuwe veldtog om ANC uit kussings te lig

Die Vryheidsfront Plus sê die verkiesing van Panyaza Lesufi as premier van Gauteng is ook die begin van die party se nuwe veldtog om seker te maak die ANC word in die 2024-verkiesing uitgestem. Lesufi is met 38 stemme as premier verkies teenoor Solly Msimanga van die DA se 22. Die VF Plus se nasionale voorsitter, Anton Alberts, sê hulle sal as ‘n stabiele koalisievennoot in die provinsie staan wanneer alle redelike partye kragte saamsnoer om ‘n koalisieregering te vorm om die ANC te vervang: