Lionfish van Interpol het groot dwelmvonds in SA

‘n Internasionale operasie wat Interpol koördineer met die kodenaam Operasie Lionfish, het daartoe gelei dat daar beslag gelê is op byna 1 000 pakkies kokaïen in Suid-Afrika. Die operasie is daarop gemik om dwelmhandel in Afrika te bekamp. Die kokaïen is op ‘n vissersboot aan die Weskus gevind en 10 mense is in hegtenis geneem. Interpol sê internasionale dwelmhandel is so algemeen soos die wêreld se ekonomie. Die buurlande se Nasionale Polisiekommissaris, Khehla Sitole, sê dwelmhandel is dikwels die oorsaak van baie geweldsmisdade in die samelewing.