Bedrogspul in Kavango oopgevlek

Die Namibiese polisie in die Kavango Wes-streek doen op die oomblik ondersoek na ‘n moontlike slenter wat bedrog in verband met die ongeskiktheidstoelaag insluit. Luidens die jongste berigte het ‘n verpleër, Danny Kouyani dokumente vir verskeie mense vervals om hulle op die lys van begunstidges vir ongeskiktheidstoelae te kry. Hy is na bewering ‘n fooi daarvoor betaal. Hy en ‘n medebeskuldigde, Hausiku Kankono het reeds in die hof verskyn en hulle saak is tot 12 Augustus uitgestel. Owerhede beskuldig Kouyani daarvan dat hy hantekeninge van dokters by die Nankudu Distrikshospitaal vervals het om die aansoeke in te dien. Verdere arrestasies word verwag en dit kan moontlik ook amptenare by die Ministerie van Geslagsgelykheid insluit.