Jurie-keuring begin in Trump se belastingsaak

Jurie-keuring het vandag begin in die belastingbedrogverhoor van die voormalige Amerikaanse president Donald Trump se eiendomsmaatskappy. Aanklaers in Manhattan beskuldig Trump se maatskappy dat hy belastingowerhede bedrieg deur voordele aan maatskappybestuurders toe te ken en nie te verklaar nie. Die strafregtelike verhoor is een van ‘n toenemende aantal regsprobleme vir Trump. Die Manhattan-distriksprokureur het die Trump-organisasie en Allen Weisselberg, sy destydse finansiële hoof, reeds in Julie verlede jaar aangekla. Weisselberg het in Augustus skuld beken op 15 aanklagte, wat diefstal en belastingbedrog ingesluit het, en erken dat hy 1,76 miljoen Amerikaanse dollar se inkomste versteek het.