Onteieningswetsontwerp amper wet…

Die Suid-Afrikaanse parlementêre portefeuljekomitee vir Openbare Werke en Infrastruktuur het sy verslag oor die Onteieningswetsontwerp aanvaar. Die wetsontwerp hersien die Wet op Onteiening 63 van 1975 en verseker dat onteieningswette grondwetlik is. Dit verduidelik ook wanneer onteiening mag plaasvind en op watter grondslag. Die ANC ondersteun die wetsontwerp en die komitee se verslag terwyl die DA en ACDP die verslag ondersteun, maar nie die wetsontwerp nie. Die Onteieningswetsontwerp sal nou na die Nasionale Vergadering verwys word vir oorweging.