Likwidasie van sekere lugrederye laat leemte in SA lugvaart

Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika sê lugdienste regoor die land sukkel om in die binnelandse vraag te voorsien. Die maatskappy is oortuig die likwidasie van lugdienste soos Comair, SA Express en Kulula het ‘n betekenisvolle leemte in die lugvaartsektor gelaat. Die uitvoerende hoof, Mpumi Mpofu, sê die aantal sitplekke van dié lugrederye is nog nie ingehaal nie. Sy sê dit het ook veroorsaak dat die prys van kaartjies styg. Die oorblywende lugdienste moet die toenemende vraag die hoof bied.