Ondanks ingangsfooie stroom besoekers na Duin 7

Die Namibiese omgewingsministerie het Duin 7 naby Walvisbaai op Oukersdag vir die publiek heropen, maar met nuwe ingangstariewe. Die ministerie het met mede-finansiering van die Wildprodukte-trustfonds die bestaande ablusiegeriewe opgeknap en twee nuwes gebou, braaigeriewe is opgeknap en vyf nuwes is gebou, ‘n kabelheining is vir die ontspanningsgebied opgerig en ‘n ingangshek en ontvangskantoor gebou. Ondanks die ingangsfooie, sê die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda aan Kosmos 94.1 Nuus het besoekers na Duin 7 gestroom.