Liggaam van tienermeisie in Goreangabdam gevind

Terwyl die Namibiese polisie gesoek het na twee vermiste mense wat weggespoel het ná die swaar reën Vrydag in die hoofstad, het hulle ‘n liggaam van ‘n tienermeisie in die Goreangabdam gevind. Hulle is steeds op soek na ‘n agt-jarige seun wat in ‘n vloeiende rivier by die Grysblok-rivierbedding in Katutura geval en weggespoel het, asook ‘n volwasse man wat weggespoel terwyl hy op die rand van ‘n rivier naby die Goreangabdam gestaan het. Die liggaam van die meisie is na die lykshuis geneem en sy word tussen 13 en 15 jaar oud geskat.  Die polisie versoek enigiemand wat die meisie vermis, om die lykshuis te besoek om haar te identifiseer.