Krieket: David Warner spog met honderdtal in 100ste toets

Krieket: Die Australiese veteraan David Warner se droom het vandag waar geword. Hy het ‘n honderdtal aangeteken in sy 100ste toets op die tweede dag van die tweede toets teen Suid-Afrika in Melbourne. Hy het 144 balle trotseer. Die Proteas het ‘n totaal van 189 in hul eerste beurt aangeteken met net Marco Jansen en Kyle Verreyne wat vyftigtalle behaal het. Australië het dié totaal verbygesteek vir die verlies van slegs twee paaltjies.