Liggaam van Lindani Myeni het in Suid-Afrika aangekom

Die liggaam van Lindani Myeni het in Suid-Afrika aangekom. Die voormalige KwaZulu-
Natalse rugbyspeler is doodgeskiet deur die polisie in Honolulu, wat regsoptrede deur
sy vrou, Lindsay, sal moet verdedig. Intussen is ‘n opname vrygestel van die oproep na
die nooddiens 911 net voor sy dood. ‘n Vrou, vermoedelik, Lindsay Myeni, maak dit
daarin duidelik dat Myeni ongewapen is.