Bulls en Sharks wen eerste kragmetings in Reënboogbeker-kompetisie

Rugby: Die Sharks het die eerste kragmeting in die Suid-Afrikaanse afdeling van die
Reënboogbeker-kompetisie net-net teen die Stormers met 33-30 gewen. Dit was ‘n
naelbytstryd tot die eindfluitjie geblaas het. Die rustydtelling was 23-12 in die guns van
die Stormers. En die Bulls het die Lions op ‘n papnat Loftus Versfeld in Pretoria in nog
‘n Reënboogbeker-kragmeting met 24-9 geklop. Die rustydtelling was 10-9 in die Bulls
se guns.