SAL se vlieëniers se opleiding moet opgeskerp word

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se tussentydse uitvoerende hoof, Thomas Kgolo, sê hulle
moet vlieëniers se opleiding weer op datum bring nadat die lugdiens vir ‘n geruime tyd
nie kon vlieg nie. Die buurland se nasionale lugdiens is in Desember 2019 in
sakeredding geplaas in ‘n poging om dit van totale ondergang te red. Kgolo sê ook die
SAL moet seker maak dat hy uit ‘n bemarkingsperspektief goed georganiseer is sodat
hulle na hulle kliënte kan uitreik.