Boksburg-dodetal styg steeds

Die dodetal in die verwoestende gas-tenkwa-ontploffing in Boksburg het tot 37 gestyg. Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die jongste syfer bevestig volgens inligting van die polisie. Twaalf van die slagoffers was gesondheidsorg-werkers van die nabygeleë Tambo-gedenkhospitaal. Nóg 22 van die hospital se personeellede is beseer. Lesufi sê verskeie dienste is intussen hervat by die hospitaal, wat ook groot skade opgedoen het in die ontploffing. Hy sê verskeie mense wat in die voorval beseer is, word ook nog in verskeie hospitale behandel.