Liebenberg staan borg toe aan NEFF-lede, onder streng voorwaardes

Hoërhofregter Christie Liebenberg het vandag borg toegestaan in die appèlsaak teen die weiering van borg vir Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma in die Katutura-landdroshof. Die twee is sedert 12 en 13 Mei in aanhouding. Liebenberg het borg van 5 000 Namibiese dollar elk toegestaan, met streng voorwaardes.