Libanese roof banke om spaargeld te bekom

Vyf Libanese banke is vandag bestorm deur rekeninghouers wat hulle spaargeld, wat deur owerhede gevries is, wou terugkry. Dit is die jongste in ‘n reeks “rooftogte” in die krisis-geteisterde land wat wye openbare steun gekry het. Libanon is al meer as twee jaar in ‘n ekonomiese krisis vasgevang, sedert die waarde van sy geldeenheid begin daal het en banke drakoniese beperkings op onttrekkings begin instel het. Een Libanese pond is 0,00066 Amerikaanse sent werd. Die afgelope week is sewe banke geteiken.