ANC-personeel staak Maandag, eis salarisse

ANC-personeel in al nege provinsies hou Maandag ‘n eendaagse nasionale staking. Die doel is om druk op die bestuur uit te oefen om hul onderneming na te kom om salarisse, asook mediese fonds- en voorsorgfondsbydraes te betaal. Die voorsitter van die ANC se Komitee vir Personeelverteenwoordiging, Mvusi Mdala, sê die huidige situasie is totaal onaanvaarbaar. Mdala sê die kollektiewe leierskap is nie besorg oor die welstand van die werkers nie, hoewel die ANC homself as ‘n kampvegter van die armes en die verstotelinge voordoen: