LGBTQ: morele waardes is nie Swapo se verantwoordelikheid nie

Die Sekretaris-Generaal van die Swapo-jeugliga, Ephraim Nekongo, het gesê hulle het met kommer in die nuus verneem dat daar mense is wat homoseksualiteit wil wettig. Nekongo het sy mening aan Kosmos 94.1 Nuus gegee en gesê die regerende party het ‘n kontrak met Namibiërs om vir beter gesondheidsorg, water en paaie-infrastruktuur en werkskepping te sorg, maar nie oor kwessies van geen morele waardes nie.

Daar is vanoggend om 8-uur ‘n protesoptog vir gelyke regte oor huwelike in die hoofstad. ‘n Aansoek deur ‘n egpaar van dieselfde geslag om erkenning vir hulle huwelik te kry, word weer vandag in die Hoërhof aangehoor.