Sonder bye is die wêreld sy kos kwyt

Vandag is Wêrelddag vir Bye. Die dag word gehou om bewustheid te kweek oor die noodsaaklike rol van bye en ander bestuiwers om mense en die planeet gesond te hou, asook die talle uitdagings wat ‘n invloed uitoefen. Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het Wêrelddag vir Bye in 2018 ingestel. Bestuiwers soos bye, voëls en vlermiuise dra 35 persent by tot die bestuiwing van die wêreld se gewasse, en verhoog die produksie van 87 van die belangrikste voedselgewasse wêreldwyd asook die talle geneesmiddels wat van plante gemaak word. Peter Cunningham, ‘n plaaslike ekoloog sê bye is in gebiede waar hulle nie algemeen is nie, groot besigheid.