LGBTQ-gemeenskap onder baie druk in Namibië

Nadat die omstrede wetsontwerpe wat selfdegeslaghuwelike verbied, in die Nasionale Raad goedgekeur is, gaan ses Namibiërs vir LGBTQ-regte in Duitsland veg. Die ses sal in Berlyn aan geskiedkundige Christopher Street Day , ook bekend as ‘Berlin Pride’, deelneem, op uitnodiging van die Lesbiese en Gay-vereniging van Berlyn. Omar van Reenen van Equal Rights Namibia sê die groep sal wêreldwye ondersteuning vir Namibië se LGBTQ-gemeenskap soek in ‘n tyd wanneer voorgestelde regerings-gesteunde diskriminerende maatreëls die land se grondwetlike demokrasie ondermyn. Kosmos 94.1 Nuus het met Sister Namibia se redakteur Ethne Mudge gesels wat sê LGBTQ-groepe is tans onder geweldige druk in die land.