Lewis Hamilton wil Formule 1 in SA jaag

Motorsport: Lewis Hamilton gaan nie sy veldtog om Formule Een na Suid-Afrika terug te bring laat vaar nie. Terwyl baie jaers die toevoeging van Las Vegas op die kalender vir volgende seisoen verwelkom het, dring die sewe-malige wêreldkampioen daarop aan om Suid-Afrika in te sluit. Byna 30 jaar het verbygegaan sedert die land laas ‘n F1-wedren in 1993 aangebied het en Afrika is die enigste vasteland wat nie op die huidige kalender verskyn nie.