Lewis Hamilton kort ‘die regte motor’: Button

Motorsport: Die voormalige Formule Een-wêreldkampioen, Jenson Button, sê sy destydse spanmaat, Lewis Hamilton, moet net “die regte motor” kry om volgende seisoen weer heel voor op die wegspringrooster te staan. Dit is die tweede jaar agtereenvolgens dat die Mercedes-jaer, Hamilton, nie ʼn Grand Prix kon wen nie en Max Verstappen 19 uit 22 wedrenne ingepalm het. Button sê Red Bull gaan aanstaande jaar weer aan die voorpunt wees maar hy glo die ander spanne sal nader kruip. Volgens Button is Hamilton in die regte motor goed genoeg om wedrenne en nog ʼn kampioenskap te wen.