Lewer die Gupta-broers uit asb!

Die Ahmed Kathrada-stigting in Suid-Afrika gaan vandag voor die Verenigde Arabiese Emirate se ambassade in Pretoria betoog om te eis dat die Guptas se uitlewering afgehandel word. Dit volg nadat die Emirate ‘n uitlewerings-ooreenkoms met Suid-Afrika bekragtig het. Die Nasionale Vervolgingsgesag het verlede week bevestig hy het Interpol genader vir hulp om ‘n inhegtenisnemingsbevel uit te voer sodat die Guptas na Suid-Afrika gedeporteer kan word. Die stigting sê die Guptas moet na die land terugkeer om verantwoording te doen vir die talle bewerings van staatskaping en korrupsie teen hulle.