EU se geduld raak op met Brittanje

Die vise-president van die Europese Kommissie, Maros Sefcovic, sê die kommissie se geduld is aan die opraak oor sy verhouding met Brittanje. Luidens berigte in Britse media wil dit voorkom of samesprekings tussen die Europese Unie en Brittanje oor Noord-Ierland op die rand van ineenstorting is. Dit volg nadat Brittanje aangedui het dat hy steeds eensydige optrede oorweeg om die onbelemmerde beweging van produkte na EU-lande te verseker. Sefcovic sê die kommissie oorweeg noodmaatreëls om ‘n oplossing te vind vir die kwessie rakende sy ooreenkoms oor Noord-Ierland se posisie ná Brexit: