Almal moet Israel veroordeel

Die Namibiese minister van internasionale betrekkinge Netumbo Nandi Ndaitwah sê die internasionale gemeenskap moet saam staan en Israel se taktiek, wat sy as apartheid-praktyke beskryf, ten sterkste veroordeel. Nandi Ndaitwah sê Israel gebruik die praktyke om sy dominansie oor die Palestynse volk te behou. In haar mening is dit Palestina se reg om vry te wees. Sy sê Nambiërs verstaan hulle stryd omdat ons self deur dieselfde is. In haar mening moet internasionale reg toegepas word om die grens tussen die twee lande, wat voor 1967 daargestel is, te herstel en Israel se toenemende okkupasie van Palestina onmiddellik te staak.