Lewensredding SA verwelkom sy eerste vierpotige lid

Lewensredding Suid-Afrika het sy eerste vierpotige lid verwelkom. Die sesjarige Labrador, Lyric, is die gidshond van Stanley Faul, wat die oogtoestand retinitis pigmentosa het. Hulle twee beplan om saam te werk om bewusmaking oor waterveiligheid te kweek en geld vir lewensredders in te samel. Faul sê hulle hoop om ‘n projek van stapel te stuur om honde op te lei om met lewensredders saam te werk en verdrinkings te voorkom. Hulle meen die honde kan selfs opgelei word om met ‘n reddingsbaadjie te swem tot by ‘n persoon wat in gevaar is.