Christiano Ronaldo se toekoms met Manchester United bespreek

Sokker: Die Portugese kaptein, Cristiano Ronaldo, praat volgens berigte vandag met die bestuurder van Manchester United, Erik ten Hag, om sy toekoms by die Engelse klub te bespreek. Hy het die span se voorseisoen-toer na Thailand en Australië misgeloop om gesinsredes en nog nie saam met sy spanmaats geoefen nie, maar het nou teruggekeer na Brittanje. Die 37-jarige Ronaldo het verlede jaar na United teruggekeer ná hy ‘n draai gemaak het by Real Madrid en Juventus. United het vroeër gesê die vyfmalige Ballon d’Or-wenner is nie tans te koop nie.