Beroep om Israels-Palestynse konflik op te los

Die minister van internasionale betrekkinge in die buurland, Naledi Pandor, doen ‘n beroep op die internasionale gemeenskap om saam te werk om die Israels-Palestynse konflik op te los en vrede te bewerkstellig. Sy het gepraat op die Konferensie vir Palestynse Diplomatieke Hoofde in Afrika. Pandor sê wêreldleiers moet sterk humanitêre, ekonomiese en politieke steun verleen, aangesien Suid-Afrika sal voortgaan om druk op Israel uit te oefen. Sy sê die stryd oor die heilige land duur reeds dekades en sluit in geskille oor grense, Jerusalem, sekerheid en Palestynse vlugtelinge.