Lesotho waterprojek word bespoedig

Suid-Afrika en Lesotho se ministeries van Water het ingestem om die tweede fase van die Lesotho Hoogland-waterprojek te versnel om die voorsiening van water aan die geïntegreerde Vaalrivierstelsel te verseker. Dit volg na ‘n vergadering tussen Suid-Afrika se minister, Senzo Mchunu, en sy eweknie van Lesotho, Kemiso Mosenene, in Pretoria. Die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau sê die twee ministers het oplossings bespreek vir die uitdagings wat die voltooiing van die projek in die wiele ry. Hulle het ooreengekom dat dit spoedig afgehandel word: