Kuba se dieretuin kry ook baie babas na inperking

Opsigters by Kuba se nasionale dieretuin sê verskeie eksotiese en bedreigde spesies het die Covid-inperkings ten volle geniet, en ten volle benut. Meer as 10 geboortes is aangeteken in wat beskryf word as hoë-waarde dieresoorte in die dieretuin. Die dieretuin se veearts Rachel Ortiz sê terwyl die inperkings dalk nie so goed was vir die mensdom nie, het die diere duidelik die stilte geniet. Ortiz sê van die geboortes is by spesies wat baie skaars is en dit sal bydra tot genetiese biodiversiteit. Kenia het ook onlangs gesê die stilte in sy nasionale parke het toegelaat dat meer as 200 olifantkalwers gebore is.