Elekrifisering in suid van Rehoboth met ‘n jaar vertraag

Landelike elektrifisering duur plaaslik voort en binnekort sal die gemeenskappe van Schlip en Naris in die Rehoboth landelike kiesafdeling, asook die boerevereniging se veilingskrale, elektrisiteit ontvang. Vandag sluit die tenders wat deur NamPower geëvalueer en befonds sal word. Riaan McNab, raadslid van die Rehoboth landelike kiesafdeling, sê die projek moes al verlede jaar afgehandel wees.