Kom protokolle na om vierde vlaag te vermy

Die Namibiese gesondheidsministerie het gereageer op die moontlikheid dat die land ‘n vierde vlaag van die Covid-19 pandemie kan ervaar in die lig van die feit dat sommige lande in Europa op die oomblik kwaai gebuk gaan onder ‘n vierde vlaag. Ben Nangombe die uitvoerende direkteur van die ministerie het Namibiërs versoek om by die protokolle te hou om sodoende ‘n moontlike vierde vlaag in Namibië te vermy.